Kom deel vandag in kreatiewe vreugdes. Wees dankbaar vir elke genade wat jy ontvang deur daaroor te getuig in die Getuienis en Gebedsforum. Kom toon jou passie vir jou taal deur deel te word van Die Afrikaanse Forum se bedrywighede. Gaan maak 'n draai of twee by die Pierneef Teater. Lees ook meer oor die suksesvolle verskeidenheidsaanbieding wat Mount Festiva Teater aangebied het en maak seker jy is volgende keer daar.
In die vorige uitgawe is Die Gebeds- en Getuienis-forum bekendgestel. 'n Geleentheid, waar jy ander kan ondersteun wat jou saamdra nodig het. 'n Plek waar jy kan getuig oor die wondere wat in jou lewe en die naby jou se lewe gebeur het, tot versterking aan elkeen wat dit lees. Jy kan die Gebedsforum besoek by www.bid.haleluja.co.za en so begin om 'n verskil in ander se lewens te maak. Maar ook om ander toe te laat, om 'n verskil in jou lewe te kan maak.
Die Afrikaanse Forum: 'n Nuwe geleentheid vir elke liefhebber van die Afrikaanse Taal. 'n Inisiatief om met albei hande aan te gryp! Hier kan jy woordwerke deel en insette lewer op ander skrywers se werk. Jy kan op die kuierstoep terugsit en kuier oor enige taalverwante onderwerp. Jy kan in die biblioteek gaan ronddwaal. Die Afrikaanse Forum bied jou ook toegang tot 'n groeiende bron van inligting oor taaltegnieke, taalreëls, digstrukture en verskeie taalmatige metodes om jou gedagtes, te kan verwoord op so 'n manier dat dit vleiend op die oor sal val. Die Forum is ook besig om 'n woordeboek te ontwikkel wat verskeie lewensterreine aanraak. Besoek Die Afrikaanse Forum by www.afrikaanseforum.co.za en word deel van 'n gemeenskap wat jou passie vir Afrikaans deel.
Pierneef teater bied weereens 'n verskeidenheid kyk en luisterdinge aan. Stap deur die program hieronder, besluit watter produksie sjy wil bywoon, en maak dan jou bespreking deur Jopie te epos by info@pierneefteater.co.za
- Woensdag 13 April en Woensdag 4 Mei 19:00: Vlieger – Unplugged Ben Kruger kyk komies en nostalgies na grootword in die 1970’s, toe alles anders was. Gebaseer op kortverhale van Harry Kalmer
- Donderdag 14 April 19:00: Valiant Swart en Ollie Viljoen – Wild en Wakker
Blues en boeremusiek met invloede uit jazz, Kelties, Afrika, Cajun en ander wêreld-volksmusiek – alles met ’n eg Suid-Afrikaanse klank te behou
- Vrydag 15 April 19:00 19:00: Dowwe Dolla 007 – 2010 se vertoning met baie nuwe kwinkslae. Dolla sluit aan by die Departement van Onintelligensie en gee ’n tong-in-die-kies kykie na Bekendes, Beroemdes en Berugtes
- Saterdag 16 April 15:00 en 19:00: Die Grafsteensangers – Balke toe! Die Grafsteensangers vier twaalf jaar se treurmares, weenwysies en snesies-en-trane met ’n op-en-wakker dansparty!
- Dinsdag 19 April 19:00: Beheer Jaques van Jaarsveld speel verskeie karakters met mimiek, stories en musiek. Die Van Wyk gesin is op pad na Geloftedag by die Voortrekkermonument, maar die pad is nie reguit nie en die tolgeld hoog…
- Sa 30 April 10:00: Bester die Renoster Liedjies, stories en heerlike pret
- Sa 30 April 19:00: Chris Chameleon
Op Sondagmiddag 10 April het Mount Festiva Teater sy eerste publieke vertoning aangebied. Dit was 'n verskeidenheidsprogram van verskeie geliefde en beminde klasieke werke, soos gespeel deur die Caroned trio. Hierdie trio, bestaande uit Eddie Davey, Calayde Davey en Ronald Davey, het gewys dat hierdie musiekstukke altyd immergroen sal bly. Die trio staan nie terug vir enige ander groep nie. Hulle is 'n goedgeöliede musiekmasjien wat gemaklik as 'n eenheid saamwerk en die beste van die uitgevoerde werke na vore bring.
Tydens die pouse was versnapperings en koffie beskikbaar.
Na Pouse, het die geleentheid verskuif na die onthaalsaal, waar die gaste vergas is met 'n poëtiese reis, aangebied deur Anthony Wilson en Timothy Johnson. Hierdie reis het elke medereisiger saamgeneem deur die swaarkryjare, maar ook die vreugdes van die bruin bevolking. 'n Lekkerkry ervaring wat deur elke besoeker ingedrink is en vir seker, lank in die geheue van elkeen wat saamgereis het, sal bly vassteek.
Vir diegene wat hierdie geleentheid gemis het, is daar nog die geleentheid om op Sondag 17 April om 15:00 die volgende uitvoering te kan bywoon. Bespreek terwyl daar nog plek beskikbaar mag wees, deur 'n epos te stuur aan info@mountfestivalodge.co.za. Alle ander navrae kan ook aan hierdie adres gerig word. Jy kan ook die Teater by 0123723574 of 0733956014 skakel.
Kunstenaarsnuus berig D.V. binnekort ook oor die individuele kunstenaars tydens hierdie geleentheid by Mount Festiva Teater betrokke was. Hou die volgende uitgawes dop vir meer inligting oor Eddie Davey, Calayde Davey en Ronald Davey. Daar gaan ook volledige beriggewing wees oor die talentvolle Anthony Wilson en Timothy Johnson. Almal sterre in eie reg, maar net so effektief as span saam.
Lesersbriewe
Wil jy graag jou inset oor Kunstenaars- en ander sake, publiek deel? Nou kan jou brief in hierdie venster plaas. Jou reaksie op anders lesers se insette is ook welkom. Stuur jou brief na redakteur@kunsnuus.co.za.
Weens die vinnige dialoog wat soms in hierdie brieweblad geskied, is dit maklik om tred te verloor met die storielyn in die kleiner skerm hieronder. Nou kan jy die brieweblad oopmaak in 'n volskerm deur hier te klik en op dié manier die gesprek makliker volg.
|
Mag jy elke dag 'n nuwe talent in jouself ontdek. Mag jy die verantwoordelikheid neem om daardie talent te ontwikkel tot eer van jou Skepper. Mag jy deur daardie talent te benut, 'n verskil ten goede in elkeen wat jou pad kruis, se lewe maak.
Tot ons weer paaie kruis, wees geseënd.
|
Die Here sal jou seën en jou behoed. Die Here sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; Die Here sal Sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. (Num. 6:26-28)
|
|
|
Besoekrekord:
| Bladteller
|
|
| Werfteller
|
|
|