'n Paar maande is verby. Soms word ons geseën met dinge om ons nederig te hou. Dinge wat maak dat dag tot dag bestaan nie altyd volgehou kan word nie. Daarom die stilte van die afgelope tyd. Ek vertrou dat die nodige om weer goeie nuus te kan deel met elke leser, nou weer volgehou kan word.
Vandag se uitgawe gaan nie soseer oor geleenthede en kalendergebeure nie. Dit fokus eerder op die kreatiewe instansies en vriende wat deur dik en dun, tog altyd daar was en is as dit nodig was. Deel hierin, maak hulle deel van jou vriendekring en ervaar wat ware kameraadskap is in tye wat jy dit die nodigste het.
Johann Visser. Een van ons mees onderskatte musikante. 'n Man wat 'n wye verskeidenheid musiek kan interpreteer en herdefinieër. As jy gedink het die immergroen musiek van die afgelope eeu is verlore, sal Johann die teenorrgestelde bewys. Hy kleur dit in dat dit splinternuut klink, maar is sensitief genoeg dat die nostalgie daaraan, behoue bly. Om meer oor Johann te lees en na hom te luister, klik hier en maak hom deel van jou volgende musiekbelewenis.
Maak visuele kuns in verskillende style deel van jou bestaan. Mandi is die brein agter 5th Avenue Art. Deur verskillende media en onderwerpe aan te pak, maak sy seker daar sal altyd werke beskikbaar wees wat in jou smaak val. Nou onlangs het Mandi 'n treffende reeks skilderye van Afrika vroue geverf. Dit beeld verkillende stamme uit en kan nie anders as om jou te noop om een huis toe te neem nie. Om meer oor Mandi en 5th Avenue Art, klik hier en laat 'n nuwe fase in jou kreatiewe lewe vandag begin.
Steak & Ale. 'n Restaurant. 'n Teater. 'n Kuierplek. 'n Troossoekplek. Hier sal jy begroet word met veelsydigheid. Die uiteenlopende musikale spyskaart kompeteer deeglik met die kombuis se verleidelike spyskaart. Hier kan jy die sinne sus met musiek uit die hart, terwyl jy die innerlike versterk met koningskos waarvoor jy altyd weer sal terugkom. Besoek Steak & Ale se webwerf by www.steakandale.co.za om seker te maak jou kultuurkalender is op datum.
Gary Forwood het op die musiekfront verskyn. Enkelinge het gefrons. Ander het verby hom gekyk. Maar die wat geweet wat wat kom, het hom ondersteun. Vandag is Gary feitlik vol bespreek by verskeie optreeplekke. Gary se stem is veelsydig. Hy kan jou laat dans. Hy kan jou laat huil. Hy kan jou laat verlang. Maar bo alles, hy sal jou huis toe laat gaan met herhinderinge wat jou weer sal terugbring. Lees meer oor Gary deur hier te klik en sê sommer nou vaarwel aan 'n vervelige lewe.
chrisman baard is al deur kritici as 'n sosiale teroris beskyf. Hy beskryf se eie lirieke soos volg: Dit skop jou soms waar jy nie gekielie wil wees nie... Hy tree graag op om sodoende die inspuiting te wees wat jou geleentheid nodig het, as jy regtig iets unkiek wil aanbied. Daar is ook nog enkele eksemplare van chrisman se album, hou links gaan regs verby beskikbaar vir die wat betyds navraag doen. Hiersonder is jou musiekrak onvolledig. Kom loer hier in en lees en luister meer oor hierdie man, wat sing oor die dinge waaroor ons in elk geval daagliks dink.
Natalie Dominique is 'n skrywer. Sy put inspirasie uit dit wat sy daaglike waarneem. Dinge wat jou kan laat glimlag. Dinge wat jou sal laat stilstaan. Dinge wat jy dalk sou verkies om mis te kyk. Natalie wil graag haar waarnemings en interpretasies op poëtiese wyse met jou deel. Daar is nog van haar jongate album, "drome en gedagtetjies" beskikbaar. Doen gerus navraag oor hoe om jou eksemplaar te bekom. Lees sommer nou meer oor Natalie op hierdie skakel. Gesels ook met haar as jy haar na jou verhoog wil nooi vir 'n woordfees wat jou en jou gaste lank sal bybly.
Gallery@Duncan Yard. 'n Gallery wat jou weer en weer sal laat terugkom. Cecily maak 'n punt daarvan om elke uitstalling, uniek te maak. Sy bied aan talentvolle kunstenaars die geleentheid om openbare blootstelling te kry. Deur te fokus op dié wat werklik 'n verskil wil maak aan die gemeenskap, verryk sy elke besoeker aan die gallery se kultuuropvoeding. Gaan kuier op haar webwerf te www.duncangallery.co.za en maak so gou as moontlik plan om te gaan inloer by haar gallery in Hatfield.
Die Kunshuisie is Krugersdorp se afsaalplek. Daar waar jy vir die gejaag van die daaglikse lewe, kan wegkruip. Die Kunshuisie bied jou 'n volwaardige kunsgallery met 'n groot verskeidenheid werke. Die teetuin sal jou laat agteroorsit en 'n tweede stukkie souttert laat bestel. En as jy 'n spesifieke kunswerk in gedagte het, kan Lyndie jou in kontak bring met kunstenaars wat jou sal kan help. Besoek Die Kunshuise op hulle webwerf om meer te lees oor hierdie oase in die lewenswoestyn. Maak daarna 'n plan om spoedig 'n draai daar te gaan maak.
Lesersbriewe
Wil jy graag jou inset oor Kunstenaars- en ander sake, publiek deel? Nou kan jou brief in hierdie venster plaas. Jou reaksie op anders lesers se insette is ook welkom. Stuur jou brief na redakteur@kunsnuus.co.za.
Weens die vinnige dialoog wat soms in hierdie brieweblad geskied, is dit maklik om tred te verloor met die storielyn in die kleiner skerm hieronder. Nou kan jy die brieweblad oopmaak in 'n volskerm deur hier te klik en op dié manier die gesprek makliker volg.
|
Dankie dat jy vandag saamgekuier het. Dankie dat jy ook dié wat werklik 'n verskil in ander se lewens wil maak, hierna sal ondersteun.
Begin ook sommer nou om jouself in die spieël te bekyk. Sien talente. Sien Godgegewe gawes. Wees gehoorsaam aan Hom as Hy jou roep om jou kreatiewe gawes tot Sy eer aan te wend. En as jy mooi luister wat Hy vir jou wil sê, sal jy ook tot seën wees vir ander.
Tot ons D.V. binne 'n week van nou af weer kuier, waak teen normaliteit en wees onbeskaamd kreatief.
|
Die Here sal jou seën en jou behoed. Die Here sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; Die Here sal Sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. (Num. 6:26-28)
|
|
|
Besoekrekord:
| Bladteller
|
|
| Werfteller
|
|
|